Wilhelm Keitel | |
---|---|
Wilhelm Keitel as generaalfeldmarskalk in 1942 | |
Geboortedatum | 22 September 1882 |
Geboorteplek | Helmscherode, Duitse Keiserryk |
Sterfdatum | 16 Oktober 1946 (op 64) |
Sterfplek | Neurenberg, Amerikaanse besettingsone in Duitsland |
Lojaliteit | Duitse Keiserryk Republiek van Weimar Nazi-Duitsland |
Diens/Tak | Duitse leër |
Jare in diens | 1901–1945 |
Rang | Generalfeldmarschall |
Poste beklee | Oberkommando der Wehrmacht |
Veldslae/oorloë | Eerste Wêreldoorlog Tweede Wêreldoorlog |
Toekennings | Ysterkruis (Ritterkreuz des Eisernen Kreuzes) |
Wilhelm Bodewin Johann Gustav Keitel (22 September 1882 – 16 Oktober 1946) was 'n Duitse veldmaarskalk (Generalfeldmarschall). As hoof van die Oberkommando der Wehrmacht (OKW) (opperbevel van die gewapende magte) en de facto oorlogsminister onder Adolf Hitler, was hy een van Nazi-Duitsland se mees senior militêre leiers tydens die Tweede Wêreldoorlog.
Hy is pas ná die oorlog deur die Geallieerdehof by Neurenberg verhoor, tot die dood veroordeel en as 'n oorlogsmisdadiger opgehang.[1][2]
© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search